top of page
  • Writer's pictureHolistic U

KWESBAAR, tree ek vorentoe.

Updated: Aug 1, 2019

Asof die lewe nie hard genoeg is nie, word sommige kinders met labels gedoop. n Diagnose wat my as ouer se drome vir ons kind in skerwe laat. Dit laat my twyfel in my ouerskap vermoe. Dalk was dit iets wat ek tydens die swangerskap geeet of gedrink het 🤷🏻‍♀️ Gewapen Met medikasie wat my kind laat slaap vir ure aaneen, n boek wat die Dokter voorgestel het en n uitgedrukte Google artikel waar ek die sleg en slegter van die label lees, maak my naar. My arme kind. “Ten minste weet julle nou wat fout is “ “Gelukkig het julle dit vroeg genoeg gevang" "Ek wou se iets is fout“ . Ja,so swoeg jy as ouerpaar weke aaneen om n nuwe normaal te vind. Terapeute raak vriendinne, mens sien hulle immers elke week. Ek deel klein vreugde oomblikke met hulle, want hulle verstaan. Die diagnose knaag steeds aan my mamma hart. Die diagnose is nie net iets wat ons kind het nie, dit raak ons hele gesin. Ek het mos n ander “normale” kind ook. Ek probeer balans hou en vir elke kind ewe veel aandag gee. Pappa soek ook bietjie so nou en dan. Die tannies in die winkels se skerp oe pla my minder, die mense se vingers wat wys en my ewe wil opvoed oor hoe om my kind onder beheer te hou raak net n gedruis. Die “kinder mishandeling “ beskuldigings omdat my kind verwoed skree want ek het die piesang verkeerd afgeskil pla nog so bietjie.


So staak ek my klein besigheid, deels omdat ek nou n kindjie het wat by die huis is deur die dag en tweedens ek kon nie eers voorraad gaan koop sonder dat dit opeindig in n "meltdown" nie. Soms net hy, soms ons altwee. Ek swot mos nog ook, Health Coaching. Gelukkig kon ek myself verloor in my studies en begin al die nuwe kennis toepas. Kos maak was nog Altyd n groot ding in ons huis. Lekker afrikaanse kos. Met deeg, kaas, room, suiker kan ons mos lekker kos maak. Groente is vir hase. Aartappels is mos groente. Ek leer hoeveel suiker daar in ons alledaagse kos is, wat se effek suiker op lyfies het. Ek begin my navorsing toe eerder toespits op positiewe Google soektogte. Die regte kos kan n verskil maak. Maar Dokter stem nie saam nie. Uit desperaatheid begin ek wel eksperimenteer want gesonde verpakte kosse is duur en daar is eintlik nie veel op die winkelrakke nie - veral nie vir kinders nie. Een dag word ek wakker en my kinders soek nie koeldrank nie, hulle soek water. Hulle vra nie vir lekkers nie, eet hulle kos op . Ek en Pappa kyk vir mekaar, trek skouers op en hou aan om te prys want groente gee muscles. Die medisyne werk mooi se die dokter. Hou aan met wat julle doen. Tot my groot verbasing sien ek n duidelike verskil in Ouboet se konsentrasie, gedrag en slaap. Geen gaatjies nie se die tandarts. Ons was nie siek die winter nie, en kleinman raak beter en beter. Die "meltdowns" kan ons nou amper voorspel, verwag dit amper. Met elke nuwe ding of as iets uit roetine is. Angstig wag jy, net vir ingeval.


Die afgelope 6 maande soek ek na my lewensdoel. Hoe beweeg mens vorentoe nadat jy self n ander mens geword het intussen? Die proses het my soveel geleer, al het die afgelope jaar soos n landloopwedloop gevoel. Van n opdraende vol gruis tot die klipperige draaie. My soeke is nog nie voltooi nie, is dit ooit? Wat ek wel weet is dat ek het baie geleer het wat ek met ander ouers wil deel. Ek kan sekerlik nie die enigste mamma wees wat so alleen, hulpeloos tog gedetermineerd voel nie?


Ek wil vir ouers leer hoe om na hulle self te kyk, veral wanneer jy nog in die kleitrap fase van die diagnose is. Dat uitbranding voorkom kan word. Ek wil ook graag aan ouers leer waar le die suiker wat ons kinders so eet en hoe mens dit ekonomies kan verander en heerlike gesonde disse te maak. Ek sal graag eendag my unieke resepte in boekformaat wil publiseer en my unieke produkte op winkelrakke sien.


Met my nuwe kwalifikasie geraam, my kookvernuf en twee ywerige mannetjies wat al te graag nuwe gesonde lekkers wil proe, tree ek vandag kwesbaar vorentoe.




.



166 views0 comments
bottom of page